Tuesday, October 2, 2012

na wie kan ek vanaand verlang


na wie kan ek vanaand verlang
in die koud van die somer se swanesang
as die droë winterwind hier tartend kom speel
en die groen van die blare se lewe kom steel

na wie kan ek vanaand verlang
want die lakens lê stil en die lakens lê bang
en die tik van die wysers sê die lig is op pad
maar die donker is nou en dis hy wat my vat

na wie kan ek vanaand verlang
want gister het môre in skaakmat gevang
liefde het klaar hier sy spel kom speel
die tafel gedek die kaarte gedeel

na wie kan ek vanaand verlang
in die lewe se loop in die lewe se gang
sal iemand die vlam weer kan aan kom steek
sal iemand die bitter se band kan breek

na wie kan ek vanaand verlang
in die koud van die somer se swanesang
as die droë winterwind hier tartend kom speel
en die groen van die blare se lewe kom steel

Friday, September 28, 2012

vlei


in 'n varkgeoorde vleitjie
krom 'n stroompie stil verby
deur die wilgers sug 'n windjie
êrens is die wêreld vry

soos die hart is hierdie vleiplek
hier vloei liefde weer en weer
die seisoen se draai se blyplek
waar die hart se drif gebeur

lente drentel jonk en skugter
winter heers vir oulaas nog
vroeë môre skaam-skaam ligter
vroeg-aand rooi bly later spog

koue, hoflik nederig eerlik
skuif vir nuwe son opsy
kort seisoen dat winter sweerlik
jonge somer slim verlei

die dat bloeisels blom in bome
lank verdor deur winterkou
winter het die lentedrome
maande binne toegevou

ek begeer die verre stiltes
veld en stroom en wintervlei
gee my waters waar daar rus is
waar die liefde immer bly

naggeluide


net die huis
maak nog sy pligsgetroue geluide
die yskas laat weet
hy werk nog
'n muurhorlosie tik
die tv en sy aangedrade trawante
(almal sekerlik oosters)
sing hul eentonige digitale mantra
nagtelike zen
êrens kreun die dak
bekla sy ongenaakbare lot:
buite die koue
en die son en die reën
en binne
wat hy nie alles
al hier binne moes aanskou nie
die matte sê niks
lê net daar
en onthou vaagweg
eksotiese plekke
en nie voete nie
maar hande
die vloer kraak
laat weet nou en dan die dak
dat dakke ten minste nie vertrap word nie
dat dakke darem uit kom
portrette hang
en verlang
praat in prentjies
kamers swyg
besweer tot geheimhouding

Thursday, September 27, 2012

angs


bevrees
bevind hy hom
voor die berg
sonder vyf klippies
dawid-klein
net banger
was dit maar goliat
vlees en bloed
die berg koggel nie
hy laster nie
het nie eens 'n spies nie
hy staan net daar
swyg geweldig
vandag sal klipgooi nie deug nie
baie het reeds hier
kom slingervel
die dat die berg so klipperig is
en hoog
stil onheilige vyand
met sy kil geklipte greinslag

the air of elsewhere


there is a call
there’s beauty deep
for which I’ll fall
for which I’ll weep
it’s hidden there
in realms unknown
that secret share
unseen unshown

in moments rare
in visions sweet
I’ve travelled there
that hope to meet
in brief delight
then I would find
that fairest flight
of fleeting kind

it’s drawn me on
to realms concealed
I’ve often gone
to yonder field
and seeking for
that blessed somewhere
to find it’s in
the air of elsewhere

Monday, January 11, 2010

pulp fiksie


ek het my uitgeplukte oog laat bly
waar hy van kyk genoeg kan kry
my regterhand lê by die kos
wat hierdie pelgrim agterlos
ek sal my stuk-stuk so vermink
terwyl die donker helder vir my wink
als loop verkeerd op hierdie vel
van binne en buite in elke sel
my voete wat met kromheid loop
sal ek nog van my lyf af moet stroop
en so my ore lief vir gal
by skinderplekke af laat val
en hierdie tong wat seën en skel
se dae is eendag ook getel
als afgeruk sal sonde stop
behalwe nog vir hierdie kop
o hierdie kop

Saturday, January 9, 2010

crazy time

oh indeed

it’s crazy time

dark and deep

the crazy chime

I’m falling

sinking

says the rhyme

lost in winds

of crazy time

oh it’s evil

crazy time

cold and cruel

the crazy cry

I’m gambling

losing

calls the lie

lost in winds

of crazy time

oh it’s lonely

crazy time

sad and sore

the crazy ‘why?’

I’m longing

wanting

sounds the sigh

lost in winds

of crazy time

oh it’s empty

crazy time

dead and dry

the crazy I

I’m ending

dying

reads the line

lost in winds

of crazy time

oh it’s holy

crazy time

sweet and still

the crazy high

I’m resting

loving

says the rhyme

found in winds

of crazy time

Wednesday, December 23, 2009

Easy to avoid God...

In our own time and place it is extremely easy (to avoid God). Avoid silence, avoid solitude, avoid any train of thought that leads off the beaten track. Concentrate on money, sex, status, and (above all) on your own grievances. Keep the radio on. Live in a crowd. Use plenty of sedation. If you must read books, select them very carefully. But you’d be safer to stick to papers. You’ll find the advertisements helpful; especially those with sexy or a snobbish appeal. C.S. Lewis

Tuesday, December 22, 2009

dans in die skemer

Margie Fontaine was asked after a dance: “Could you explain it?” She answered: “If I could explain it I would not dance it.” Dans in mistige skemer van verwondering.

Monday, December 21, 2009

kersfees

liggies brand op elke straat

en die mense word vir niemand kwaad

want dis kersfees in ons stad

tienduisend vader krismisse

is nat gesweet in hul sneeumusse

want dis kersfees in ons stad

'n honderd winkels in 'n ry

is almal innig lief vir my

en my geldvriend sal my help betaal

en wie moet ek bedank

as ek vir iemand 'n present kan koop

bier kan drink tot die trane loop

of jou lekker lyf

my liefiewyf

kan druk as ons dans

o, 'n katjie

of 'n hondjie

of 'n ringetjie vir jou

my dingetjie vir jou

selfmoord anoniem

se skof is nou van tien tot tien

want geld kan nooit die liefde koop

en partytjies moet ten einde loop


liggies brand op straat

en die mense word vir niemand kwaad

want dis kersfees in ons stad

spaar my

here

spaar my

spaar my nog 'n kersfees

sonder u

Sunday, December 20, 2009

Christianity isn't simple

If Christianity was something we were making up, of course we could make it easier. But it is not. We cannot compete, in simplicity, with people who are inventing religions. How could we? We are dealing with fact. Of course anyone can be simple if he has no facts to bother about. C. S. Lewis

Friday, December 18, 2009

everywhere

i stumble over you everywhere

i cannot escape

your all-over-godness

i run from you

into you

i hide from you

inside you

i fight you

with these fists you made

in every truth

you whisper

and in every lie

i am building my great wall

to keep you out

and then i hear

these very stones

as they shout

hallelujah

i have of late

been overcome

it is my fate

i am prisoner

in the freedom

and the danger

of being

everywhere

with you

dark night

so now together

into silences

holy and deep

and sad

so now together

into darkness

solemn and near

clouds of unknowing

unseen sanctuary

together

into holy sadness

let no one laugh

except in tearful waiting

let no one cry

except in hillarious hope

let no one bring

wisdom

except in foolishness

like belief

so now together

into silences

holy and deep

and sad

like crosses

and graves

together

into tarrying

holy pain

of waiting

together

into faith

and holy doubt

into resurrections

so now together

into prayer

from silences

into shouting

high rage

deep trust

together

into tears

washings

the holy dying

of living

Monday, December 14, 2009

liefdesgedig

Saam. Die eenwees van die hart. In die ritme van die liefde. Die dans waar sý sterkte gee as hý swak is. Waar hý lig gee as sý in skemer is. Maar dis 'n dans van saamwees. Sonder saamwees kom eensaamwees. Bly in die dans.



saam


as woestyne om jou lê

sal ek waters oor jou sê

en as dit droog is rondom my

sal ek strome by jou kry

word my wêreld êrens te nou

kom kry ek ruimtes hier by jou

as die skadu’s oor jou kom

kom soek by my 'n stukkie son


kom ons tot rus of kom ons tuis

of ons op verre paaie reis

as daar stormwinde woed

in die bitter of die soet

ons is saam

ons twee is saam


as die winter trietsig nader kom

en die koue winde saam met hom

as die lewe hartseer wysies sing

sal ek vir jou 'n lied wil bring

jy sal sterk wees is ek swak

en ek sal aanhou as jy knak

en as ons altwee dalk verdwaal

sal ons Herder ons kom haal


kom ons tot rus of kom ons tuis

of ons op verre paaie reis

as daar stormwinde woed

in die bitter of die soet

ons is saam

ons twee is saam

ja ons is saam


as woestyne om jou lê

sal ek waters oor jou sê

en as dit droog is rondom my

sal ek strome by jou kry

Sunday, December 13, 2009

naggebed

God is goed. Hierdie is die fondasie van ons geloof. Keer terug hierheen as die lewe sy donker oor jou gooi. As jy jou teologie moet opsom met drie woorde, laat dit hierdie drie woorde wees. Gaan stoei met woorde soos “almag” en “alwetendheid” en “boosheid”. Soek verklarings vir die skeefloop van dinge, maar as dit daarop neerkom dat jy hierdie drie woorde van jou teologie moet verander, gaan soek weer.

naggebed

ek glo dat U God is oor die lig en die nag

ek glo dat U God is oor die donker en die dag

U is

en daar is nêrens waar U nie is nie

geen diepte kan U uithou nie

geen donker kan U weghou nie

orals waar daar plek of ruimte is

en orals waar U is, is U God

en orals waar U is, is dit reg

en orals waar U is, is dit goed

as ek nie kan sien nie

as ek nie kan hoor nie

as ek nie verstaan nie

wees by my

ek glo dat U God is oor die engel en die stof

ek glo dat U God is oor my klagte en my lof

U is

en daar is nêrens waar U nie is nie

geen swakheid kan U uithou nie

geen skande kan U weghou nie

orals waar ek boos of heilig is

en orals waar U is, is U God

en orals waar U is, is dit reg

en orals waar U is, is dit goed

as vrae onbeantwoord bly

as deure ongeopen bly

en dinge word te veel vir my

wees by my

want orals waar U is, is U God

en orals waar U is, is dit reg

en orals waar U is, is dit goed

in die nag

wanneer ek nie weet nie

sal ek weet

U weet

U hoor

U sien

U is

en daarom

is daar lig

ook in die nag

Friday, December 11, 2009

one vast need...

Our whole being is by its very nature one vast need; incomplete, preparatory, empty yet cluttered, crying out for Him who can untie things that are now knotted together and tie up things that are still dangling loose. C. S. Lewis

Thursday, December 10, 2009

kommentaar oor 'n oppervlakkige samelewing en kerk

Die koue rillings toe ek my seun se oë sien, sal ek nooit vergeet nie. Sy vraende uitroep. Pappa dit kan mos nie reg wees nie. Die TV evangelis se woorde: Gee nou. Gebruik jou kredietkaart. God gaan jou 'n deurbraak van miljoene gee. En die engele het gehuil.

strate van goud

die mense jaag in dolheid

om na rustigheid te spoed

waar dit leeg is soek almal volheid

en dit raas soos ons stilte soek

en ek wonder waar dit alles heengaan

want dit lyk my ons is blind

wie sal die malligheid dan kan laat stilstaan

en ons help om ons pad te vind

ek kyk na die blink gladde spreker

op die christen tv kanaal

hy belowe my alles sal beter

ek moet net my tjekboek gaan haal

en my seun sit en kyk die profeet

hy sê pa hier is mos iets fout

en die prediker blink van die sweet

soos hy preek oor die strate van goud

daar was sondag 'n genesingsveldtog

hy’t haar beveel gooi jou kruk weg en loop

en maandag bid sy Here help tog

ek moet 'n nuwe kruk gaan koop

en hartseer sit sy en wonder

die man het dan gesê sy’s genees

sy’s maar seker te swak en vol sonde

en bestem om so kreupel te wees

o kom tog Here en help ons

want die dinge het deurmekaar geraak

bring waarheid en liefde tot by ons

dat ons die kromheid tog reguit kan maak

kom stuur ons op paaie van omgee

stuur ons na die nood en die pyn

verlos ons van hoogmoed en voorgee

o verlos ons van hebsug en skyn

Jammer vir die onaktiwiteit

As jy teleurgesteld was oor 'n maand se onaktiwiteit is ek regtig jammer. In die afgelope maand is ek omgepraat om my gedigte en gedagtes op Facebook te publiseer. Ek wou nog nooit die Facebook ding doen nie, omdat ek nie daarvan hou om aan die hele wêreld elke dag te vertel hoe ek voel en waarmee ek besig is nie. Tog is dit 'n baie goeie medium waardeur 'n mens dít kan doen wat ek op hierdie blog doen. Almal is egter nie op Facebook nie, en daarom sal ek voortaan alles wat ek daar publiseer ook hier laat verskyn. Hier dan 'n paar gedigte en gedagtes om in te haal....

The man who is contented to be only himself, and therefore less a self, is in prison. My own eyes are not enough for me, I will see through those of others. C. S. Lewis

mammon

êrens buite skuif dinge

waai dit

onkeerbaar

onbekend

wild soos gulsige winde

alle gisters

is meer as ooit verby

die onvastigheid

vaster as ooit

nuwe meesters

gee nuwe redes

vir nuwe krisisse

en kleines

bid tot stille gode

en wonder

wie skuif alles deurmekaar

en luister

na nuwe beloftes

en hoop

dat dit nie leuens is nie

is dit waar

wat profete prewel

dat die nuwe grotes

self die winde bring

self die krisis

self die aanval en die toevlug?

is dit waar

dat díe winde

mammon

en armagéddon

bring?

In the court case of the stolen apple pie, the fingers blamed the hands for moving them, the hands accused the arms, the arms blamed the eyes for looking at the forbidden food, the eyes blamed the neck for turning the head, the neck blamed the nose for smelling and the nose blamed the brain for planning the theft. The brain blamed the heart for allowing the state of affairs.

And the heart was guilty. Koos van der Merwe

The man who is contented to be only himself, and therefore less a self, is in prison. My own eyes are not enough for me, I will see through those of others. C. S. Lewis

To love at all is to be vulnerable. Love anything, and your heart will certainly be wrung and possibly be broken. If you want to make sure of keeping it intact, you must give your heart to no one, not even an animal. Wrap it carefully round with hobbies and little luxuries; avoid all entanglements; lock it up safe in the casket—safe, dark, motionless, airless—it will change. It will not be broken; it will become unbreakable, impenetrable, irredeemable. The alternative to tragedy, or at least to the risk of tragedy, is damnation. The only place outside Heaven where you can be perfectly safe from all the dangers and perterbations of love is Hell. C. S. Lewis

Indeed, if we consider the unblushing promises of reward and the staggering nature of the rewards promised in the gospels, it would seem that Our Lord finds our desires not too strong, but too weak. C. S. Lewis

Thursday, November 19, 2009

besoek

moment

van lig

lafenis

van lewe

onverwags

ontmoet U my

hier waar ek bly

ontskadu

en ontseer

bid ek

kom tog weer

Sunday, November 15, 2009

londen

mynie was raadop toe word mynie wys

toe’t mynie om die wêreld na londen gerys

met werk en met geld uit die as verrys

niks vaal of vervelig of eng soos haar huis

want mynie ry rond van milan tot parys

sy het ponde en euros in haar ver paradys

en alles werk uit ja alles is pluis

niks outyds soos destyds se kerk met ’n kruis

en mynie word ryk maar ken sy die prys

wat londen van mense se siele vereis?

want londen word koud en sy hemel word grys

die vraag begin kriewel: waar eindig die reis?

mynie is eensaam en mynie is broos

mynie is skaam sy is moedeloos

en londen is koud en dis harteloos

mynie bel huis toe sy huil en sy bloos

want londen voel wreed en so goddeloos

o londen voel wreed en so goddeloos

die refrein op die telefoon klink oor en oor

ek het die here hier êrens in londen verloor