Monday, January 11, 2010

pulp fiksie


ek het my uitgeplukte oog laat bly
waar hy van kyk genoeg kan kry
my regterhand lê by die kos
wat hierdie pelgrim agterlos
ek sal my stuk-stuk so vermink
terwyl die donker helder vir my wink
als loop verkeerd op hierdie vel
van binne en buite in elke sel
my voete wat met kromheid loop
sal ek nog van my lyf af moet stroop
en so my ore lief vir gal
by skinderplekke af laat val
en hierdie tong wat seën en skel
se dae is eendag ook getel
als afgeruk sal sonde stop
behalwe nog vir hierdie kop
o hierdie kop

No comments:

Post a Comment