Monday, December 14, 2009

liefdesgedig

Saam. Die eenwees van die hart. In die ritme van die liefde. Die dans waar sý sterkte gee as hý swak is. Waar hý lig gee as sý in skemer is. Maar dis 'n dans van saamwees. Sonder saamwees kom eensaamwees. Bly in die dans.



saam


as woestyne om jou lê

sal ek waters oor jou sê

en as dit droog is rondom my

sal ek strome by jou kry

word my wêreld êrens te nou

kom kry ek ruimtes hier by jou

as die skadu’s oor jou kom

kom soek by my 'n stukkie son


kom ons tot rus of kom ons tuis

of ons op verre paaie reis

as daar stormwinde woed

in die bitter of die soet

ons is saam

ons twee is saam


as die winter trietsig nader kom

en die koue winde saam met hom

as die lewe hartseer wysies sing

sal ek vir jou 'n lied wil bring

jy sal sterk wees is ek swak

en ek sal aanhou as jy knak

en as ons altwee dalk verdwaal

sal ons Herder ons kom haal


kom ons tot rus of kom ons tuis

of ons op verre paaie reis

as daar stormwinde woed

in die bitter of die soet

ons is saam

ons twee is saam

ja ons is saam


as woestyne om jou lê

sal ek waters oor jou sê

en as dit droog is rondom my

sal ek strome by jou kry

No comments:

Post a Comment